Local sportSport

Ntuthuko skop stof in wedlopers se oë

Op 'n lekker somersdag het hardlopers Saterdag die seisoen met 'n wedloop op een van die Laeveld se mooiste roetes afgeskop.

WITKLIPDAM – Die jaarlikse Nedbank Om die Dammetjie wedloop om Witklipdam het weereens hardlopers van reg oor die Laeveld getrek. Hulle het douvoordag opgestaan om 07:00 weg te spring.
Die half-marathon hardlopers het heeltemal om die dammetjie gehardloop. Die wenner van die mans se oop-kategorie was Ntuthuko Maseko met ‘n tyd van 1:11:20. Kort op sy hakke was Lovers Hlatshawayo (1:13:11) en Rewano Swartz (1:21:01).
Die vroue wenner, Noria Sibanda het die 21km binne 1:33:58 voltooi. Dit was net ‘n kortkoppie voor Natia van Heerden (1:34:09) en Natashia Kask (1:37:28).
De Villiers Smit was met ‘n tyd van 1:17:05 die vinnigste junior man. In die kategorie vir mans ouer as 60, was Isaac Manyisa se 1:40:55 die vinnigste. Onder diegene ouer as 50, was Raphael Ndlovu met 1:43:50 die vinnigste man, terwyl Allison Hay met ‘n tyd van 1:40:59 eerste van die vroue klaargemaak het. Abednego Shonjwe se 1:22:26 het hom die vinnigste man ouer as 40 gemaak, terwyl sy vroulike eweknie Priscilla Dlamini met ‘n tyd van 1:23:46 gewen het.
Die 10km-wedloop se oop-kategorie is deur William Mothosola in ‘n tyd van 32:24 gewen. Philami Mkhwanazi (32:48) en Simon Sibisi (36:22) was onderskeidelik tweede en derde. Constance Mabuso het die vroue-afdeling met 52:30 gewen. Adri Kruger (55:00) was tweede, gevolg deur Diane Cresswell (55:57).
Die junior wenners was Pietie Oosthuizen met 37:19 en Madri Wiid met 45:10. Aaron Themba was die vinnigste man ouer as 40 met 43:15 en Rheta van Rensburg se 57:23 het haar die vinnigste vrou gemaak. Johannes Nyalunga (44:06) en Annemarie van Brakel (1:07:05) het die ouer as 50 kategorie gewen. Annie van Heerden was die vrou wat in die ouer as 60 kategorie gewen het met ‘n tyd van 1:17:05.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button