Local sportSport

Sonya gaan van krag tot krag

Graad 7-leerder van Laerskool Barberton, Sonya van Rooyen, wat aan die onlangse Tri-Nations swemkampioenskappe deelgeneem het in die dubbele ouderdomsgroepe vir 13- en 14 jariges het besonders goed gevaar.

Sy het ‘n tweedeplek ontvang vir 50m vlinderslag en drie derde plekke onderskeidelik in die 50m vryslag, 50m rugslag en die 200m individuele wisselslag.

Boonop is sy ook as die beste 13-jarige dogters-swemmer aangewys.

‘n Eerste vir ‘n Barberton swemmer, is dat Sonya dieselfde aand by die Mpumalanga Swem Prysuitdeling haar volle provinsiale kleure ontvang het.

Sy het die 2012-2013 trofee vir die beste individuele prestasie ontvang vir haar tyd in die 50m vryslag.

Sonya het, volgens die tabel van die internasionale swem federasie, FINA , Fédération Internationale de Natation, die meeste punte van al die vroulike swemmers vir die jaar behaal met haar tyd van 29,54 wat sy geswem het tydens die vlak 3 Gala in Maart in Durban.

Sy is beslis ‘n naam om dop te hou. Barberton kan sowaar trots wees op hierdie besondere jong dame.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button