Local sportSport

Nellies en Affies laat rekords spat

Hoërskool Nelspruit se jaarlikse tuisbyeenkoms wat op Saterdag 25 Januarie aangebied is, het weereens aan al die verwagtinge voldoen.

In snikhete weer, wat op ‘n stadium deur swaar donderweer bedreig is, het die Nellies hul man deeglik teen die volle atletiekkrag van Afrikaanse Hoër Seun- en Meisieskool van Pretoria gestaan.

‘n Klompie atlete van Lowveld High, Uplands en Mosambiek het verdere kleur aan die byeenkoms verleen.
In totaal het 35 rekords in die slag gebly, terwyl nóg drie geëwenaar is. Veertien trofeë was op die spel, met Nelspruit en Affies wat die louere gedeel en elk sewe ingepalm het.

Natasha Brown (o/14) het die gewigstootbal op 11,16m laat grondvat.
In albei junior en senior afdelings, is die victrix en victor ludorum-toekennings aan die atleet wat die beste in ‘n maksimum van vier items gevaar het, oorhandig.

Hiér het die tuisspan skoonskip gemaak.
• Ilke Joubert (o/15) – beste junior met ‘n
eerste plek in hoogspring, 1,40m; tweede in skyfwerp, 25,94m; tweede in
spiesgooi (32,94m) en derde in gewigstoot 10,39m.
• Senior victrix, Carmen Cronje (o/16) – eerste plekke in 100m-hekkies, 16:7sek; 100m, 13:7sek en 200m, 27:9sek, asook ‘n tweede plek in die 400m-hekkies, 71:2sek.
• Junior victor ludorum, Stefan Smit (o/14) – skyfwerp, 38,40m; spiesgooi, 51,27m en gewigstoot, 13,21m, asook ‘n derde plek in hoogspring 1,45m.
• Peter Gildenhuys (o/19) – beste senior seun – 800m, 2:00:9sek; 1 500m, 4:28:3 en 3 000m, 9:41:0, derde in spiesgooi, 50,62m.
• Madri Wiid (o/19) – 3 000m, 11:06:8 (die trofee vir beste prestasie in die middel- en langafstande is aan haar toegeken). Sy het verder ook vir groot opwinding gesorg toe sy binne 2sek van die 35 jaar-oue
rekord in die 1 500m (Lilanda Gebhardt se 4:53:0) gekom het.

Madri se 4:54.8 (ewenaar die byeenkomsrekord) wys dat sy haar visier gewis op die Nellie-rekord ingestel het. Sy het ook in die 800m (2:21:3) getoon dat sy vanjaar reg vir groot dinge is.
• Wandla Nkosi (o/16) se 4:18:7 in die 1 500m, was die beste prestasie deur ‘n senior seun op die baan. Sy 800m-tyd van 2:00:6 het ook die rekord uit die boeke gevee.
• Hannes Aucamp (o/17) se trofeëkas is ook nóg ‘n toekenning ryker, met sy 6,47m-verspring. Hy is as die beste senior seun in die velditems bekroon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button