Local sportSport

Skitterende vertonings op die veld laat rekords spat

Toe die rekords verlede week reeds vroeg tydens die jaarlikse interhuis byeenkoms begin spat, het Hoërskool Lydenburg se hoop vir 'n paar Springbokatlete opnuut opgevlam toe oud-Springbok, Riana Swart, se rekord na 38 jaar verpletter is.

Swart het in die laat sewentigs haar stempel behoorlik op dieselfde sportveld afgedruk en sedertdien kon geen atleet nog daarin slaag
om haar 100m rekordtyd te klop nie.
Hierdie jaar was dit egter tyd om die rekordboeke te herskryf.
Groot was die verwagting toe die o/15- meisies in die blokke sak, terwyl daar ‘n doodse stilte oor die stadion hang. Blitsig uit die blokke en 12,88 sekondes later, staan Eugenie Steenekamp met ‘n “beste atleet van die dag”-vertoning aan die anderkant van die wenstreep.
Die vreugde was egter nog nie verby nie. Toe die uitslae oor die luidsprekers weerklink, word toeskouers ingelig dat Khanyesile Ndlova sowel as Tess Jansen lbei ook hierdie rekord met ‘n tyd van 13,12 en 13,29 onderskeidelik verpletter het.
‘n Totaal van 14 rekords is tydens die byeenkoms verbeter. Steenekamp
is as junior victrix ludorum, veelsydigste junior dogtersatleet, beste atleet
van die dag, beste 100m, 200m sowel as 400m asook o/15- dogtersatleet vir die dag aangewys en het die 300m hekkies vir meisies o/15 verbeter.
Isak Beytell het ook verskeie trofeë ingepalm: senior victor ludorum, veelsydigste senior seunsatleet, beste seuns 100m, 200m, beste seuns spronge en o/16-seunsatleet van die dag.
Beytell het verder ook die rekord in die 110m hekkies, 400m hekkies
asook 200m vir o/16’s verpletter.
Die volgende atlete is ook rekords ryker:
Christiaan Kruger (100m hekkies, 300m hekkies, 400m o/14, veelsydigste junior seun), Suné Labuschagne (spiesgooi o/15), Leonard Mkhabela (1 500m o/15), Hein Steyn (skyfwerp o/15, junior victor ludorum), Mignon Black (400m hekkies o/17, veelsydigste senior dogter), Petrone Bouwer (gewigstoot o/17, senior victrix ludorum), Shannon Schoeman (spiesgooi o/17).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button