Atlete gee hul beste op die baan
Laevelders in atletiekgeledere kan hulle gereedmaak vir 'n opwindende program propvol baan- en veldatletiek op die 2014-kalender.

Dit is nou as daar gekyk word na die spogatletiek wat Vrydag op Laerskool Laeveld se sportgronde te siene was.
Vyf plaaslike skole het teen mekaar meegeding en dit was duidelik dat
daar beslis ‘n paar opkomende sterre is wat hierdie jaar rekords gaan laat spat.
Dié skole was Laeveld, Bergland, Laerskool Malelane, Klipspringer Primary en Clivia Primary.
Dit was ‘n tipiese Laeveld-dag met die son wat met mening veskyn het. Een van die grootste bekommernisse was om te verseker dat die ongeveer
600 atlete sowel as die baanbeamptes genoeg vloeistof inneem.
Sonja Holtzhausen, skakelbeampte en bemarker by die gasskool het gesê
dat die vriendskaplike byeenkoms ‘n reusesukses was.
“Die kompetisie was straf en ons atlete het ‘n goeie voorsmaak gekry van wat om by die interlaer te verwag.”
