Local sportSport

Stoeiklub slaggereed vir die jaar se aksie

Die Nelspruit Stoei Akademie (NSA) se Vian de Blanche (15) het sy stoeiskoene veel vinniger as wat hy ooit in sy wildste drome verwag het, weer uit die kas gehaal.

Hy het in Desember 2012 van erge spierpyn begin kla en moes in Augustus
die gedagte van ‘n medalje by die Junior Olimpiese Spele 2014 vir eers as gevolg van ‘n vorm van rumatoïde artritis opsy skuif.
“Dit gaan besonder goed met Vian. Hy het al ‘n hele paar oefeninge agter die rug, maar ons vat dit dag-vir-dag. Ek is baie beïndruk met sy deursettingsvermoë en hoop hy sluit die jaar met ‘n paar hoogtepunte af,” sê die afrigter Hansie Kruger.
Die NSA wil die stoeiers ontwikkel en die sport meer blootstelling gee. “Dit is ons hoofdoelwit van die jaar.
Ons wil ook graag as die beste stoeiklub in Mpumalanga afsluit en wil soveel moontlik junior-senior- én kadetvlak-kampioene oplewer.” Die akademie is bevoorreg om met uitmuntende talent te sit.
Danie Strydom (30) het Desember vir die Suid-Afrikaanse Stoei Afrigtingsraad se proewe begin voorberei met die oog om span te kry om in Maart in Tunisië aan die kontinentale kampioenskappe te gaan deelneem.

Hy het tweede by die proewe in die 120kg-afdeling geëindig en sal verseker in die Suid-Afrikaanse oefengroep opgeneem word.
Die stoeiers hou op 4 April ‘n gholfdag by Nelspruit Golfklub en nooi alle belangstellendes uit om die dag saam met hulle te kom geniet.

Die Mpumalanga Stoei Vereniging Kampioenskappe vind September in Nelspruit plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button