Local sportSport

Pumas loop hulle vas

As daar na die telling gekyk word, lyk dit beslis nie of die Steval Pumas in Bloemfontein die pyp teen die Super 15 Toyota Cheetahspan in hul eerste opwarmingswedstryd gerook het nie.

Met ‘n eindtelling van 31-6 kan mens net dink die Bloemfonteiners het die wedstryd oorheers, maar breier, Jimmy Stonehouse het wel so ‘n skewe glimlag Maandagoggend na die kragmeting gehad.
In die eerste helfte het die skopskoen van JC Roos die Pumas in die wedstryd gehou, maar nie al die geleenthede is gebruik om punte aan te teken nie. Meer as vier kanse pale toe is vir lynstaandrywe gebruik wat nie afgerond is nie.
“Ons verdediging in die eerste helfte was ongelooflik goed en natuurlik is dit in die vasteskrums waar ons die Cheetahs maar ‘n opdraande stryd gegee het, veral as jy in ag neem dat dit basies ‘n Springbokvoorry was waarteen ons gespeel het met Coenie Oosthuizen en Adriaan Strauss aan die stuur van sake,” vertel Stonehouse.
“Geen verskonings nie, maar dit was ons eerste volwaardige wedstryd, terwyl die Cheetahs al twee grotes gespeel het om hulle kombinasies in plek te kry vir die Superreeks wat binnekort begin. Ek is gelukkig met wat ek gesien het.

Die eerste drieë van die Cheetahs het teen die verloop van spel gebeur en dan natuurlik is geen strafdrie teen jou ‘n goeie aansporing nie,” noem Stonehouse.
Na sewe van die agt voorspelers in die tweede helfte geruil is, het die Pumas ietwat onder die druk van die swaar pak van Bloem geswig.

Weereens is geleenthede nie gebruik of afgerond nie en hulle moes die prys betaal.
“Ek voel egter dat ons in die volgende paar weke baie aandag sal kan gee aan die dra van die bal in kontaksituasies en die halfhartige lakwerk wat in die tweede helfte ingekruip het. Ons sal beslis in die Vodacomreeks ons tempo moet verhoog en moet werk aan ons afronding om enigsins kompeterend te wees, maar net wedstryd-tyd sal dit kan
verbeter.

Ons wedstryd op 22 Februarie in Johannesburg teen die MTN Leeus
sal beslis vir ons ‘n goeie aanduiding wees waar ons staan,” noem Stonehouse verder.
Diepte in die Pumasspan is beslis nie ‘n probleem vir beide die
Vodacom- en Curriebekerreekse nie as mens in ag neem dat 10 spelers die naweek nie beskikbaar vir die Bloemfonteinwedstryd was nie.

Daar is die manne wat vir die MTN Leeus in Port Elizabeth uitgedraf het, Stefan Watermeyer, Faf de Klerk, Corné Fourie en Rudi Mathee (wat ongelukkig sy arm in dié stryd gebreek het).
Dan is daar die lang beseringslys van Frankie Herne (enkelligamente), Johan Herbst (handoperasie), Brian Shabangu (vingerbesering), Marcello Sampson (skouer), Vincent Koch (knie) en Eduan van der Walt wat die diepte in die span kruppel lê.

Die eerste Vodacom-wedstryd word op 8 Maart teen die Valke in Kempton Park gespeel, waarna die Blou Bulle na Nelspruit op Vrydag 14 Maart sal
toer.

Lees meer oor die Steval Pumas

Steval Pumas squad struggle with injuries

The Steval Pumas back at it again

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button