Local sportSport

Sterktes word vir Sewestoernooi uitgesoek

Die aanspraakmakers van die Nelspruit Mpumalangaklub Sewes-toernooi, Middelburg sal hul kroon wil buit tydens die tweede been van die gesogte toernooi wat Saterdag op Nelspruit Rugbyklub (NRK) se gronde plaasvind.

Altesaam 20 spanne reis na die Laeveld om vir dié beker mee te ding – Middelburg lê in die eerste plek met 26 punte en die spelers van Witbank, Ferros in die tweede plek met 22.
Nelspruit is tans in die derde plek met 20. Die breier van die Middelburgers, Apie Human moes drie nuwe spelers inspan. “Ons sit ongelukkig met drie beserings wat vir ons ‘n groot terugslag is.

Stoof van Dyk (dyspier), Christo van Niekerk (gevoelige knieg) en Themba Bhengu moes vervang word. Die spelers wat in hul plekke opdraf, gee genoeg diepte in die span. Ons wil graag die reeks wen en kom
met alle mag en krag.”
Die Nelspruiters gaan twee spanne inskryf en het geen beserings in hul geledere nie. “Ons behoort ons sterkste spelers op die veld te hê. Ons kan steeds die kompetisie wen,” het die afrigter van NRK, Gunther Swart
gesê.
Die Steval Pumas se gelukbringer, Pumaki en die Puma Angels gaan daar
wees om die spanne aan te moedig. Die klub se swembad gaan oop wees en daar gaan yskoue lafenisse te koop wees.
“Dit is vir ons ‘n eer en ‘n voorreg om die sewes hiér aan te bied. Ons sien uit om ‘n sukses van die dag te maak,” vertel die bestuurder van die NRK, Herklaas du Preez.

“Dit gaan ‘n heerlike dag wees en ons nooi die gemeenskap uit om ‘n draai te kom maak,” vertel die bemarking en skakelbeampte van die Pumas, Jay J Botes.
Die toernooi skop Saterdag om 08:00 af en toegangsfooi beloop R10 per persoon. Die wenners steek R5 000 in hul sakke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button