Aksie is vuurwarm op die netbalbaan
Hop-hop spinnekop, die bal het in die gat gehop.

Die somer-aksie netballiga-eindstryd het op 29 Januarie by die Nelspruit-sportarena plaasgevind.
Altesaam 42 spanne het vir dié liga wat reeds verlede Augustus
afgeskop het, ingeskryf. “Dit het sewe maande geduur, maar ons moes dit vir ‘n maand uitstel omdat ons na ‘n nuwe arena toe geskuif het,” sê die netbalorganiseerder, Mariette Vorster.
Daar is heelwat nuwe ligas wat binnekort afskop. Die aksie-krieketliga begin einde Februarie, en die junior netballiga op Woensdag- en Maandagaand.
Die eienaar, Pierre Vorster het ook ‘n sokkerliga begin.
“Ons junior netbaldogters toer reeds einde Maart na Centurion om aan die interprovinsiale toernooi deel te neem. Hulle kwalifiseer
vir provinsiale kleure. Ons gaan ook ‘n senior o/21-span saamstel wat aan ‘n soortgelyke toernooi gaan deelneem.” Die herfs-netballiga begin op 5 Februarie.
Navrae: 082-895-7508 of 013-752-7495.
Die volgende spanne het medaljes in hul onderskeie ligas verower:
• Barbarians – goud
• Black Panthers – brons
• Die Trolle – silwer
• Funky kids – silwer
• Limitless – goud
• Pink ladies – brons
• Super liga – brons
• The Avengers – brons
• The Ringers – brons.
