Local sportSport

Roeiers is reg vir die Elands

Die Laeveld Kanoklub bied die Sappi Elands Kano-resies op Saterdag 8 Februarie om 10:00 by die Elandsrivier aan.

Dit vind vir die vyfde agtereenvolgende jaar plaas. Vanjaar se resies word ter herinnering aan ‘n voormalige lid en bekende
Laevelder, Leatitia Scheepers wat in 2009 tydens ‘n oefenrit op die rivier verdrink het, gehou. Haar nommer was 3 338 en is daarom in die wedrennaam ingesluit.
Wat water-aangeleenthede betref, kon die borgskap van Sappi nie op
‘n meer gepaste tyd gekom het nie. Februarie is die Internasionale
Vleiland-Bewaringsmaand, en gevolglik is daar meer fokus op water vanuit ‘n ontspannings-, maar ook ‘n bewaringsoogpunt.
Die Elandsrivier wat deur Sappi se grond loop, grens ook aan ‘n vleiland in Ngodwana. Volgens die Laeveld Kanoklub-bestuurder, Eric Dixon is dit een van die gewildste riviere in die provinsie.
“Roeiers beskou dié rivier ook as een van die mees uitdagendste.
Behalwe dat dit deur so pragtige omgewing vloei, bied dit iets van alles wat tegniese roei, keerwalle, verskeie watervlakke en stroomversnellings insluit.” Die roeiers spring op ‘n plaas aan die weste kant van Ngodwana-meule weg en eindig by Lindenaue naby Montrose. Daar gaan ook toeskouerspunte wees – een by
die lae waterbrug en by die een by Sappi naby die winkelsentrum en by Houtboschhoek.
Toeskouers word aangemoedig om die resies te ondersteun.
Professionele roeiers behoort binne ongeveer ‘n uur en ‘n half die 23km te voltooi, en die meer ontspanne roeiers neem omtrent drie uur. Sappi Bosbou se algemene bestuurder, Duane Roothman sê: “Die natuur is dus vir ons ontsettend belangrik en lê ons na aan die hart. Wat die Elandsrivier so spesiaal maak, is dat dit rivier vanaf die buurplaas deur omtrent 17km van Sappi se grond vloei.
“Daar is wonderlike plekke op die plantasies en langs die riviere wat
roeiers van die beste en mees onvergeetlike ondervindings kan voorsien.” Die gemeenskap word vriendelik uitgenooi om die resies te kom ondersteun. Navrae: Eric Dixon by 082-376-9795.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button