Local sportSport

Middelburg-sewes algehele bekerwenners in provinsie

Die Mpumalanga Sewes-rugbytoernooi het die naweek ten einde geloop.

Nelspruit Rugbyklub het Saterdag die tweede been van dié kompetisie aangebied, waar Middelburg se eerste span as algehele wenners weggestap het.
Die dag het vroegoggend afgeskop en 12 blits-spanne het teen mekaar kragte gemeet in groepwedstryde.
Terwyl die spanne dit onder mekaar uitgesweet het, het dit warmer en warmer geword met al hoe meer toeskouers soos die uitklopwedstryde
nadergekom het. Na middagete in die versengende hitte het die groepwenners teen mekaar uitgespeel om die uiteindelike wenners te bepaal.
Hierna het die toeskouers al hoe luidrugtiger hul gekose spanne van regoor die provinsie ondersteun.
Die eerste been van die kompetisie het twee weke gelede al in die Hoëveld plaasgevind.
Die uitslae van die twee dae is daarna saam gebruik om die algehele wenners van die toernooi te bepaal. Op die dag, was die wenners van die beker Witriver I wat Sasol I geklop het. Witrivier is oor die algemeen met die wenplaat van die toernooi huis toe.

Die algehele afdelingwenners was Middelburg I – wat ook die bekerwenner van die algehele toernooi opgeraap het – na hulle met Sasol III afgereken het.
Nelspruit I het Nelspruit II oorwin, en eersgenoemde was die toernooi se algehele skild-wenners.
Die eer om die algehele bowl-wenners te wees, het aan Sasol 1 gegaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button