Local sportSport

Slaggereed vir atletiek word bewys by kringbyeenkoms

'n Klompie atlete het op die atletiek baan gewys dat hul slaggereed vir die atletiekseisoen is wat reeds in volle swang is.

Dit is bewys nadat altesaam 26 skole aan die jaarlikse kringbyeenkoms wat op Hoërskool Nelspruit se velde op Woensdag 5 Februarie plaasgevind het, deelgeneem het.

‘n Groot aantal – 691 atlete – het meegeding en ‘n hele paar uitstekende prestasies is gelewer. Die eerste van 133 items het om 12:00 afgeskop.

IMG_8917 (Small)

‘n Paar uitslae (let op dat die uitslae net die name het wat 800 en meer op die Absa-puntetabel behaal het)

• Madri Wiid (Hoërskool Nelspruit) dogters o/19 3000m – 11:24:30 – 808 punte

• Berné Herholdt (NHS) seuns o/19 gewigstoot – 14,47m – 881

• Cor-Mari Oliver (NHS) dogters o/17 gewigstoot – 12,46m – 868

• Stefan van der Bank (NHS) seuns 0/15 spiesgooi – 61,94m – 832

• Marnus van der Merwe (NHS) seuns o/17 diskusgooi – 48,84m – 833

• Mia Erasmus (NHS) dogters o/15

1500m – 05:03:30 – 800

• Wandla Nkosi (NHS) seuns o/17

1500 m – 04:13:80 – 804

• Robin Maile (Lowveld High) seuns o/17 100m – 11,10sek – 816.

Die interlaer -en hoër is om die draai en die betrokke skole begin reeds die week om gees te vang. Lees meer oor die jaarlikse gebeurtenis in Vrydag se Laevelder.

Die volgende skole het aan die byeenkoms deelgeneem:

Easthigh College

Hoërskool Bergvlam

Hoërskool Nelspruit

John Mdluli Primary

Penryn College

Laerskool Bergland

Laerskool Clivia

Laerskool Laeveld

Laerskool Nelspruit

Lowveld High

Nelspruit Primary School

Nelsville Combined School

Valencia Combined School

Hermansburg Primary School

Woodhouse Primary

Entabamhlope

Kamagugu Inclusive

Klipspringer Primary

Tuisonderrig

Curro Nelspruit

Watershed High School

Advisor Progressive College

Nelspruit Private College

Tekwane Primary School

Sijabulile Primary School

Cyril Clarke Secondary School.

Sien nog foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button