Dapperes wys hul staal in die taai Midmar-myl
Vier dapperes van Komatipoort het die afgelope naweek die uitmergelende Midmar-myl in Pietermaritzburg getrotseer.
Vier dapperes van Komatipoort het die afgelope naweek die uitmergelende Midmar-myl in Pietermaritzburg getrotseer. Die resies is nou amptelik, volgens die Guinness World Records, die damswemkompetisie wat die meeste inskrywings het en is dus die grootste ter wêreld. Vanjaar het meer as 17 000 swemmers deelgeneem. Een deelnemer het verdwyn en nooit die einde gehaal nie.
Anette Olivier en haar seun Nelius, ‘n gr. 3-leerder van Komatipoort Akademie en Jan Engelbrecht en sy seun WG in gr. 7, van dieselfde skool, het aan die familie-resies deelgeneem. Die Oliviers het teen ‘n spoed van l,8km/h geswem en dit het 54 minute geneem om die afstand van 1 600 meter af te lê. WG het in ‘n goeie tyd van 2,7km/h geswem en sy pa geklop wat ‘n spoed van 2,2km/h gehandhaaf het. Dit het WG slegs 35 minute geneem om die resies te voltooi terwyl sy pa die myl in
43 minute afgelê het.
