Local sportSport

Spelers wys hul staal te midde van slegte weer

LYDENBURG – Lydenburg Gholfklub het die jaar op ‘n hoë noot afgeskop en reeds drie suksesvolle toernooie op tuisbodem aangebied. Met die Mpumalanga vise-president, Trevor John teenwoordig, wou die 57 spelers veral nie tydens die Frasier Alexander Lydenburg Ope teleurstel nie. Die toernooi is egter deur swaar weer kortgeknip en slegs 27 van die 36 …

LYDENBURG – Lydenburg Gholfklub het die jaar op ‘n hoë noot afgeskop en reeds drie suksesvolle toernooie op tuisbodem aangebied.

Met die Mpumalanga vise-president, Trevor John teenwoordig, wou die 57 spelers veral nie tydens die Frasier Alexander Lydenburg Ope teleurstel nie. Die toernooi is egter deur swaar weer kortgeknip en slegs 27 van die 36 putjies kon gespeel word.

Al 36 putjies kon egter tydens die o/23-toernooi voltooi word en dié keer het Mpumalanga-president, Martin Smallberger, by John aangesluit. Die 12-jarige Tiaan Brits het besonder goed presteer en alhoewel hy as junior speler van die dames-afslaanbof moes speel, het hy tydens hierdie toernooi egter van die mans-afslaanbof gespeel en steeds daarin geslaag om die beste heel-dag netto telling aan te teken.

Sy broer, Jacques Brits, het weer op sy beurt gewys wat hy op die gholfbaan kan doen toe spelers regoor die provinsie kragte tydens die junior ope gemeet het. Met ‘n telling van 149 oor 36 putjies het dié 16-jarige nie net die A-afdeling gedomineer nie, maar ook die junior ope gewen. Dit was Brits se eerste oorwinning in hierdie afdeling.

Die Junior Foundation-komitee bedank graag Lydenburg Gholfklub en lede van die Junior Gholfkomitee vir ‘n wonderlike toernooi sowel as borge van Lydenburg wat die toernooi moontlik gemaak het terwyl die klub ook die president en vise-president vir hul teenwoordigheid bedank sowel as Vonix Sports Wear en Frasier Alexander.

Beste heel-dag gros: Teddy Mathebula

2de heel-dag gros: Lauwrence Mthombothi

3de heel-dag gros: Steve Smit

Beste Am gros: Douglas Malope

Beste Pm gros: Lourens Volschenk

Beste heel-dag netto: Tiaan Brits

2de heel-dag netto: Christiaan Willemse

Beste Am netto: Kabous Rademeyer

Beste Pm netto: Coenie du Preez

O/23-uitslae

Beste heel-dag gros: Hannes van Dyk

2de heel-dag: Christoff Els

3de heel-dag gros: Donavan de Vries

Beste heel-dag netto: Henco Erasmus

2de heel-dag netto: Jaco Erasmus

Am gros: Thys Swart

Pm gros: Steven Morison

Am netto: Jacques du Preez

Junior Ope- uitslae

Afdeling A

Wenner: Jacques Brits

2de: Ryan Stewzel

3de: Erick Coetzee

Afdeling B

Wenner: Ruan Fermot

2de: Corne Combrink

3de: Jeandre Combrink

Afdeling C

Wenner: Hein van Zyl

2de: Divan Ferman

3de: Claudia van Aswegen

Heel-dag netto: Henco Erasmus

Heel-dag gros: Everet Buurman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button