Local sportSport

Skuts mik hoog by eerste skietdag

Skuts het goeie vertonings gelewer tydens ‘n sosiale skietdag wat onlangs deur die die Bosbok tak van die SA Jagters aangebied is.

LYDENBURG –  Volgens die Skiet koordineerder, Mr Johan Grimbeek was die bywoning van die eerste byeenkoms ongeken.

Te midde van reën in die agtermiddag het ongeveer 70 skuts die dag
bygewoon en goeie vertonings gelewer.

Die Mans Ope is deur Grimbeek gewen met 96% terwyl die tweede posisie aan Timo Briedenhann gegaan het met 82.5% en die derde plek aan Kassie Kasselman met 79%. Die Dames Ope is deur Lizl Grimbeek gewen en die Junior Ope deur Wikus Viljoen.

Loffie van Emmenis het algeheel derde geëindig in die Boogskiet afdeling, JB Willers tweede terwyl Johan Grimbeek bo aan die punteleer geëindig het met ‘n wenpersentasie van 96%.

Skuts word hierdie naweek weer die geleentheid gebied om mekaar die stryd aan te sê wanneer die Springbok en Jakkals tabelle geskiet gaan word.

Dit behels vyf skote Jakkals op 300m en Springbok – drie skote op 300m en ses skote op 200m. Skuts kan hul gewere inskiet tussen 07h00 tot 07h30, 11h00 tot 11h30 en 14h00 tot 14h30.

Die Rooiboktabel sowel as die vlakvark en haas replikas word met die boog
geskiet. Enige boogjagter of skuts word uitgenooi om saam te kom skiet.
Inskrywingsfooie vir beide die geweer en boog afdeling beloop R50 per lid en nie-lede betaal R75. Die eerste inskrywing vir die dag sal gebruik word om wenners te bepaal en die telling sal gebruik word om te sien of skuts vir
skietbalkies kwalifiseer, verduidelik Grimbeek.

Inskrywingsgelde sluit ‘n lootjie in waar die wenner ‘n rooibokram, te Khumula Lodge in Burgersfort kan gaan skiet.

Vir verdere navrae kontak Johan by 082 378 0698, JB Willers by 082
820 1748 of Loffie van Emmenis by 082 853 7414.

Die skietdag vind plaas op die Egbert Hiemstra skietbaan net buite Lydenburg, ongeveer twee kilometer op die Roossenekal pad aan die regterkant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button