Local sportSport

Huis Bethlehem baat by suksesvolle deelname

Dae voordat die dag van liefde en romanse gevier is, het Nelspruiters in groot getalle aan 'n padloop ten bate van Huis Bethlehem deelgeneem.

Winnie Uys, een van die organiseerders van Nelspruit Marathonklub, het verduidelik dat hulle op die nippertjie die “Power of Love” -nagresies ten bate van dié tehuis gereël het.
Die hardlopers het Woensdag om 18:00 by Mbombela Stadion weggespring.
Daar het ook meer as 500 mense aan die 5km- en 10km-padlope deelgeneem.

“Daar het omtrent 220 hardlopers die 10km klaargemaak, en nog meer het die 5km voltooi,” het Uys na die resies gesê. “Dit was baie meer mense as wat ons verwag het, omdat ons dit nie lank voor die tyd beplan het nie.”
Van die atlete het na die tyd opgemerk dat hulle die roete onderskat het, omdat dit baie platter voorkom rondom Mbombela Stadion as by LVCC waar Van Wettens se nagwedloop onlangs plaasgevind het.
Tog was daar talle steil bulte rondom die stadion wat hulle laat les opsê het.
Die klub het toevallig ‘n borg, Angelique du Plessis, gekry, en al die opbrengste sal aan Huis Bethlehem geskenk word.
Dié Valentynsdaggeskenk sal dié huis, wat ‘n plek van veiligheid vir
kinders in Nelspruit bied, help om na die kinders om te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button