Atletiekskouspel oortref alle verwagtinge
Die laerskole het sowaar Vrydag hul beste prestasies vir laaste gebêre.

WITRIVIER – Die jaarlikse atletiekskouspelagtige, die interhuisbyeenkoms, het op Hoërskool Rob Ferreira se sportgronde plaasgevind. Vanjaar was Laerskool Witrivier aan die stuur van sake en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Marius Nel van Laerskool Lydenburg het puik presteer. Hy is as die beste senior hekkies- en baan-atleet aangewys en met die junior victor ludorum-toekenning weggestap.
Nel het die verspringrekord vir seuns o/10 verbeter en Tiaan Pretorius die
80m-hekkies vir seuns o/13.
Sien foto’s van Nellies op die pawiljoene hier:
https://www.citizen.co.za/lowvelder/53499/nellies-spoor-atlete-aan-vanaf-pawiljoene-interlaer-2014/
Kayle Labuschagne (dogters o/12) van Laerskool Bergland was eerste oor die wenstreep in die 75m-, 100m- en 150m-hekkies en het haar skool se naam hoog gehou.
Die atletiekorganiseerder van Laerskool Barberton, JP Hugo, wil graag alle atlete vir hul deelname bedank en dié wat op die podium gestaan het, gelukwens.
Bergland se optog-foto’s is hier te vinde:
https://www.citizen.co.za/lowvelder/53283/laerskool-bergland-se-optog-interlaer-2014/
Laerskool Witrivier se twee langasems, Pieter Burger (o/10) en Japie Lubbe (o/13) het goed in onderskeidelik die 1200m en 1500m gevaar.
Anja Nel van Laerskool Nelspruit het die junior victrix ludorum-trofee ontvang en Pieter du Preez was die beste middelafstand-atleet.
Die hoofdogter van Laerskool Laeveld was die senior victrix ludorum en het
dié prestasie vir beste middelafstand-atleet verower. Chené Maritz is as die
beste veldatleet-dogter aangewys en Tijhan van der Walt was die beste
veldatleet-seun.
Nelspruit Primary neem in 2015 die leisels as gasheerskool oor.
Skoolhoofde is dit ook eens- die byeenkoms was ‘n sukses. Lees wat hulle te sê het hier.
Die aksie op die pawiljoen was ook lewendig. Sien ons video wat hierdie gees vasvang:
