Local sportSport

Stoeiers stel hoë doelwitte vir die jaar

'n Paar stoeiers van Nelspruit kan dalk die geleentheid kry om later vanjaar die Junior Olimpiese Spele in Nanjing, by te woon.

Dit nadat hulle wenkbroue by die afgelope Mpumalanga Ope-kampioenskappe in Middelburg laat lig het. Die Nelspruit Stoeiklub het vier goud, ses silwer, ‘n brons en een vierde plek verower.
Lourens Erasmus, Ryan Venter, Joshua Devine, Aidan Venter, AJ van
der Lith, Neels Smit, Justin-Ray Meyer, Jannie Beukes en Johnny Smit het almal met ‘n medalje om die nek gespog. Faantjie Steyn het net-net ‘n plek op die podium gemis. “Dit was die grootste ope-dag in jare gewees waar meer as 500 stoeiers van die land deelgeneem het,” het die mediabestuurder van die klub, Anita Steyn, gesê.
Vroeg in Februarie het die groentjies aan die Pumatjie-toernooi deelgeneem, wat óók goeie prestasies opgelewer het. Altesaam
15 van Nelspruit het ingeskryf waar hulle ‘n derde plek as die bes-geklede klub gekry en die geesbeker ontvang het.
Die komende naweek toer Steyn, Meyer en Smit om moontlik vir internasionale deelname te kwalifiseer. Hier kan stoeiers vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat 2 en 3 Mei in Kaapstad plaasvind,
kwalifiseer. “Die klub groei weekliks en ons het hoë verwagtinge vir die jaar. Ons glo dat ons van krag tot krag sal gaan,” het die afrigter, Hansie Kruger
gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button