Local sportSport

Nellie Miere geniet atletiekdag

Die kleuters van Nellie Miere het Saterdag hul jaarlikse interspele-atletiekdag gehad.

Glimlaggies van oor tot oor was op elke miertjie se gesiggie te sien en
hulle het aan items soos sakspring, klipgooi, hekkies, naellope, frisbee, besemstok-gooi, verspring, fietsry en waterkaskenades deelgeneem en baie pret gehad.
Elke kleuter het ‘n koel-drank, sonskermroom én ‘n waterbottel gekry.
Atlete is met ‘n medalje vir hul deelname beloon en party het heeldag met dit om hul nekke rondgeloop.
“Dit is jaarliks een van die lekkerste dae op die sportkalender. Ons wil graag elke ouer en kind vir hul goeie gesindheid bedank,”
het die bemarkings- en skakelbeampte van Laerskool Nelspruit, Johan Orton gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button