Local sportSport

Vurige stryd tussen sewesspanne

Snikhete weer het nie gekeer dat vier sewes-rugbyspanne mekaar die stryd by Rooikatpark aangesê het nie.

LYDENBURG – Snikhete weer het nie gekeer dat vier sewes-rugbyspanne mekaar die stryd by Rooikatpark aangesê het nie.

Lydenburg Toyota, borg van die dag, het met hulle eie span die Gryskatte op eie bodem aangevat. Alhoewel spel aan die begin stadig was, het die pas vinnig opgetel. Die spanne het dit behoorlik uitgespook, maar Toyota moes aan die einde die aftog teen dié ervare outoppies blaas.

Die Rooikatte se sewespan het ook die span van Ohrigstad aangedurf en as wenners uit die stryd getree.

Sewesrugby verskil van gewone rugby in die sin dat spanne uit drie voor- en vier agterspelers bestaan. Skrums word gevorm deur drie spelers elk van die twee spanne. Dis spel word teen ‘n vinnige pas gespeel en dit beteken dat vlugvoetigheid ‘n vereiste is. Die meeste spelers is óf agter- óf losvoorspelers van die 15-man kode.

Spelerposisies in sewesrugby sluit in; nommer een en twee is die stutte, vier is die haker, drie die skrumskakel, vyf die losskakel, ses die senter en sewe die heelagter of vleuel. Daar is reëls wat net op sewes van toepassing is om te verseker dat die spel vinnig vloei. Die volgende geld:

• Daar mag net sewe spelers per span op die veld wees en daar is net vyf plaasvervangers.

• Die wedstrydduur is sewe minute en die uitspeelwedstryde duur tien minute.

• Daar is een minuut rustyd en twee minute in die uitspeelrondes.

• Doelskoppe word deur middel van ‘n skepskop gemaak, met ander woorde, die bal word nie geplaas nie. Die doelskoppe moet dan ook binne 40 sekondes nadat ‘n drie aangeteken is, gemaak word.

• ‘n Skrum bestaan uit slegs drie spelers per span.

Vir meer inligting en oefentye vir die Rooikatte kan Maurice Bezant by 083-376-0040 geskakel word. Navrae met betrekking tot die Gryskatte kan Bez Bezuidenhout by 072-0547150 kontak. Die Gryskatte speel ook op 15 Maart teen Nelspruit se Leeulopers. Die Gryskatspan word deur Sean Shields van SLPM geborg.

Die Rooikatte se program vir die volgende seisoen is soos volg:

8 Maart – Riverside – weg

15 Maart – Puma – AGM – Nelspruit

29 Maart – Barberton – weg

5 April – Loslooitjie

12 April – Nelspruit – weg

3 Mei – Witrivier – weg

10 Mei – Malelane – tuis

24 Mei – Barberton – tuis

31 Mei – Loslooitjie

7 Junie – Nelspruit -tuis

28 Junie – Witrivier – tuis

19 Julie – Malelane – weg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button