Local sportSport

Vurige stryd tussen sewesspanne

Snikhete weer het nie gekeer dat vier sewes-rugbyspanne by Rooikatpark mekaar die stryd aansê nie.

Lydenburg Toyota, borg van die dag, het met hulle eie span die Gryskatte op eie bodem aangevat. Alhoewel spel aan die begin stadig was, het die pas vinnig opgetel. Die spelers het dit behoorlik uitgespook, maar Toyota moes aan die einde die aftog teen dié ervare outoppies blaas.
Die Rooikatte se sewesspan het ook dié van Ohrigstad aangedurf en as wenners uit die stryd getree.
Sewes verskil van gewone rugby in die sin dat spanne uit drie voor- en vier agterspelers bestaan. Skrums word deur drie spelers elk van die twee spanne gevorm. Dit word teen ‘n vinnige pas gespeel, wat beteken dat vlugvoetigheid noodsaaklik is. Die meeste spanlede is óf agter- óf losvoorspelers van die 15-man kode.
Posisies in sewesrugby sluit in; nommer een en twee is die stutte, vier is die haker, drie die skrumskakel, vyf die losskakel, ses die senter en sewe die heelagter of vleuel. Daar is reëls wat net hier van toepassing is om te verseker dat die spel vinnig vloei.
Die volgende geld:
• Daar mag net sewe spelers per span op die veld wees en daar is net vyf plaasvervangers.
• Die duur daarvan is sewe minute en die uitspele is tien minute.
• Daar is een minuut rustyd en twee in die uitspeelrondes.
• Doelskoppe word deur middel van ‘n skepskop gemaak, met ander woorde die bal word nie geplaas nie. Die doelskoppe moet ook binne 40 sekondes nadat ‘n drie aangeteken is, gemaak word.
• ‘n Skrum bestaan uit slegs drie spelers per span.
Vir meer inligting en oefentye van die Rooikatte, kan Maurice Bezant by
083-376-0040 geskakel word. Vir navrae met betrekking tot die Gryskatte kan Bez Bezuidenhout by 072-0547150 gekontak word.
Hulle speel ook op 15 Maart teen Nelspruit se Leeulopers. Die Gryskatspan word
deur Sean Shields van SLPM geborg.

Die Rooikatte se program vir die volgende seisoen is soos volg:
8 Maart – Riverside – weg
15 Maart – Puma – AGM – Nelspruit
29 Maart – Barberton – weg
5 April – Loslooitjie
12 April – Nelspruit – weg
3 Mei – Witrivier – weg
10 Mei – Malelane – tuis
24 Mei – Barberton – tuis
31 Mei – Loslooitjie
7 Junie – Nelspruit – tuis
28 Junie – Witrivier – tuis
19 Julie – Malelane – weg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button