Local sportSport

Nellies behou hul plek in die superbond

Die A-atletiekspan van Hoërskool Nelspruit het verlede Dinsdag in die mees gure weer daarin geslaag om hul posisie as een van die agt skole in die superbond te behou.

Hiérdie hoogtepunt het vanjaar by die Germiston-stadion plaasgevind.

‘n Hele paar drome van uitstekende afstande, hoogtes en rekordtye is deur ‘n sopnat baan en ‘n deurweekte veld gekortwiek. Helpmekaar (die wenners), Monument en Afrikaans Hoër Seunskool het hulself oortref, terwyl Nelspruit deurentyd in ‘n verbete stryd met Garsfontein, Waterkloof en EG Jansen gewikkel was. Die dogters was agtste met 216 punte en die seuns het 287 behaal. Nellies het
algeheel vyfde geëindig.
Madri Wiid (vroue/19) het twee goue medaljes verower – sy het die 3 000m in 10:35:67 kafgedraf en in die 1 500m was sy ook eerste. Wandla Nkosi (seuns/16) het in die 1 500m, met een van Affies se beste atlete, George Kusche, afgereken en ook goud verower (4:10,17 teenoor 4:13,95).
In die ongunstige toestande was NHS se Norbit Ponisammy (seuns/16) die enigste een wat in sy item verder as 6m (6,17m) kon verspring. Waterkloof se Tihan Coetzee (5,95m) was tweede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button