Local sportSport

Sportnaweek is ‘n fees vir laerskole

Die 2014-wintersportseisoen het die afgelope naweek amptelik afgeskop met drie van die Laeveldse skole wat saamgestaan het, om twee toerspanne na Nelspruit te bring vir 'n groot rugby- en netbalfees.

Witrivier, Nelspruit en Bergland het, om kostes te spaar, saamgewerk om twee skole van Witbank, laerskole Kragbron en Reynorif vir die naweek hierheen toe te laat toer.
Volgens Arrie Henn, hoof van Laerskool Nelspruit sal die benadering ‘n jaarlikse instelling in die voorseisoen wees en sal elke skool dan ‘n geleentheid kry om die sportnaweek aan te bied.
Die bykans 1 000 sport-sterre het by Laerskool Nelspruit in meer
as 60 wed-stryde deelgeneem, en van die o/11- en eerste rugbyspanne het ook Saterdag op Mbombela Stadion die voorwedstryde vir die kragmeting tussen die Steval Pumas en Vodacom Blou Bulle, gespeel.
“Die twee dae was ‘n reusesukses. Ongelukkig het ‘n derde genooide skool onttrek weens die reën, maar ons glo aanstaande jaar sal ons hulle aan boord kan kry.
“In die voorseisoensportfees sal geen van die plaaslike skole teen mekaar speel nie,” noem Henn. Met die vakansie wat op hande is, het al die skole van die geleentheid gebruikgemaak om hulle toerspanne vir die groot o/9- en o/10- rugbyweek by Laerskool Nelspruit van 2 tot 4 April te finaliseer.

Nellie rugby-en netbalfees groot pret

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button