Local sportSport

Wedloop trek meer atlete

Die Bateleur Landgoed het Saterdag douvoordag gereed gestaan om die vierde herdenkingswedloop aan te bied.

Die son het skaars opgekom toe die eerste atlete die bult uitgedraf het. Flavio Senothla en Madelaine Whitehair was die eerste man en vrou in die ope kategorie wat oor die eindstreep gehardloop het.
Altesaam 540 atlete het aan dié jaarlikse wedloop deelgeneem. Daar was
‘n 21km vir die vasbyters, ‘n 10km vir die wat al redelik fikser as aan die
begin van die jaar is, en ‘n 4km-pretdraf. “Die inskrywings vir die 10km het
aansienlik toegeneem en dit is ‘n bevredigende gevoel as ons al hoe meer atlete sien,” het Louise Snyman van Bateleur gesê.
Die deelnemers in die 21- en 10km het om 06:00 weggespring en die deelnemers van die 4km om 06:20. Die roete was meestal op die grondpaaie in die omgewing. Dié skilderagtige landgoed met sy pragtige damme, rooibokke en duikertjies het die wedloop vir deelnemers beslis ‘n spesiale ondervinding gemaak.

https://www.citizen.co.za/lowvelder/60275/bateleur-estate-memorial-run-sees-lots-runners/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button