Local sportSport

Hierdie driekuns moet beslis dopgehou word

Dié drie kinders stel nie in speelgoed soos rekenaarspeletjies, slimfone en Barbie-poppe belang nie.

Nee! ‘n Splinternuwe tennisraket of ‘n paar Nike-tekkies laat hul maklik van oor tot oor glimlag.
Japie (13), Eunice (10) en Jovan (7) is fenomenale tennisspelers en dié joernalis se mond het omtrént oopgehang toe sy hulle in aksie sien. Die Lubbes het sonder ‘n televisie grootgeword en bly op ‘n plaas in Hazyview. “Ons het reeds sedert 1997 nie meer een nie. Die kinders moet iets kry om hulself mee besig te hou,” vertel hul ma, Nadine.
Klein Jovan was reeds op sesjarige ouderdom die reserwe vir Laerskool
Witrivier se o/11-tennisspan. Tans is hy vyfde op die o/11-Laeveld-ranglys en is sy skool se tweede gekeurde speler. “Hy is ‘n natural. Hy is emosioneel baie gefokus en gemotiveerd,” sê Nadine.
Eunice kan net haar raket goed swaai nie, maar is ook ‘n uitstekende atleet. Sy het die 1 200m by die interlaer gewen. Sy is die Laeveld se nommer een. “Ek speel seker nou drie jaar tennis en is gek daaroor. My grootste kompetisie is Zoey Bergman.”
Die naam, Japie was glad nie onbekend nie, maar die joernalis het hom vir die eerste keer op Penryn se bane gesien en was verbaas dat die 13-jarige só ongelooflik goed vir sy ouderdom speel.
Hy is hoofseun van Laerskool Witrivier en is nie net kranig op die tennisbaan nie, maar is vir Mpumalanga se A-hokkiespan gekies en het
Ehlanzeni-kleure.
Japie het gedurende die interlaer, ‘n eerste plek in die 800m verower en is as sportseun van die jaar 2013 gekroon. Die jongeling van Standerton, Zander Fourie is Mpumalanga se top-gekeurde speler en Japie is tweede. “Ek wil vreeslik graag een van Suid-Afrika se top-10-tennisspelers
wees.
Die twee broers bewonder Roger Federer se styl, terwyl Eunice graag na
Rafael Nadal kyk.

Lees meer oor Japie:

Laeveld-spelers trotseer die weer

Lydenburg-tennisseuns as wenners gekroon

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button