Jong stoeiers wys hul staal
'n Verrassingspakkie, 'n opkomende kampioen en 'n skouspelagtige wedstryd is van die terme wat die afrigter van die Nelspruit Stoei Akademie, Hansie Kruger gebruik het om sy stoeiers te beskryf.

Nege van die atlete het op Saterdag 15 Maart in Middelburg aan die proewe vir die Suid-Afrikaanse Presidente Vrystyl en Grieks-Romeins deelgeneem.
Die groentjie, Stefan Kruger het derde in sy ouderdomsgroep geëindig. Kruger is nog te klein om vir ‘n plek op die podium deel te neem, maar om die seuns te plaas, word ‘n plek toegeken. “Hierdie gaan ‘n groot kampioen word. Ek is vreeslik opgewonde oor dié stoeiertjie.”
Jonathan Wetherspoon is voorlopig deel van die Suid-Afrikaanse
Kampioenskapspan wat vroeg in Mei in Kaapstad plaasvind. Die nuweling, JJ Ferreira het sy afrigter verras. “Hy moes nie gewees het waar hy vandag is nie, maar hy het ongelooflik goed presteer. Sy opponent was vier kilogram swaarder as hy én het meer as agt jaar ondervinding.”
Neelsie Smit en Faantjie Steyn is óók op pad Kaap toe na hul vertonings daardie naweek. Die kranige Justin Meyer het sy beste wedstryd nóg gestoei. “Dit was die beste stryd in die hele kampioenskap en ek is so trots op Justin.”
Die klub gaan April ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir die SA’s bywoon en daarna toer die stoeiers na die ope-kampioenskappe in Johannesburg.
Bespreek jou plek op die Nelspruit Gholfbaan en neem aan die Mpumalanga Stoei-dag deel.
Skakel 013-744-0957 om jou stok op die dag te swaai.
Jong stoeiers druk hul stempel af
Stoeiklub slaggereed vir die jaar se aksie
