Nellies verwoes Florida op hul tuisvelde
Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek teen Hoërskool Florida op hul tuisgronde in die tweede wedstryd van die Tuksreeks deelgeneem.

Rugby
Nellies al nege wedstryde gewen. Die o/16-B’s het met ‘n rekordtelling van 76-5 gewen en die derdes het met 66-7 geseëvier.
Hokkie – seuns
Die o/14-A’s het 9-0 teen hul opponente gewen – dié wat die sport ken, sal weet dat dit ‘n ongewone telling in hokkie is. Die o/16’s het 7-0 gewen en die eerstes het met 2-1 van die veld af gestap.
Hokkie – dogters
Die dogters het óók hul skool se naam hoog gehou deur ses van hul sewe wedstryde te wen. Die o/14-B’s het ongelukkig 1-3 teen Florida vasgeval.
Netbal
Die eerste span het met 18 doele 35-17 verloor. Die o/17-A’s het gelykop 15 elk gespeel. Die dogters het 10 wedstryde gespeel, waarvan hulle net twee verloor het en een gelykop gespeel.
