Rugbyweek begin hierde naweek
Die Danie Rossouw-rugbyweek skop Sondag af en duur tot Donderdag 3 April. Dit is 'n geleentheid waar spelers ontwikkel word en so ook die kans gegun word om deel van die groter prentjie te wees.

“Ons het besef dat daar nie ‘n soortgelyke rugbyweek in ons onmiddellike omgewing is nie. Die rugbyspeler, Danie Rossouw is ‘n rolmodel vir ons skool én leerders en daarom is dit vir ons ‘n groot eer om die week na hom te vernoem,” het die organiseerder Albert Booyens gesê.
Booyens beskryf Rossouw as ‘n speler van aansien en het reeds op
skoolvlak net sy beste gegee. “Volgens die onderwysers wat destyds vir hom klas gegee het, was hy ‘n stil en gedissiplineerde seun en ons visie is dat spelers dié eienskappe sal aanleer en dit op die veld sal uitleef.”
Die is beslis een van die grootste rugbyweke in die land waar 32 spanne van 16 skole kom deelneem.
Robbies nooi alle ondersteuners uit om dit by te woon.
Kaartjies beloop R20 per dag of R50 vir die week.
