Plaaslike atlete laat heelwat rekords spat
Die atlete van Hoërskool Barberton het weereens gewys dat hulle nie met hulle laat mors nie.

Tydens die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe wat vroeër die maand
in Secunda plaasgevind het, het hulle met drie goue, ses silwer- en twee
bronsmedaljes weggestap.
Boonop is ses van die atlete vir die Mpumalanga-junior atletiekspan (ASA) gekies wat later vanjaar in Stellenbosch gaan deelneem.
Die uitslae was soos volg:
Goue medaljes
Raymond Smit – gewigstoot s/17, 15,19m
Raymond Smit – hamergooi s/17, 44,65m
DJ Raulstone – driesprong s/15, 12,77m.
Silwermedaljes
Raymond Smit – skyfwerp s/17, 40,42m
André Visser – spiesgooi s/17, 50,21m
Sandile Mlangeni – 100m s/17, 10,63 (Sandile neem as 16 deel)
Sandile Mlangeni – 200m s/17, 22,00
Bongani Nkosi – 3 000m s/17, 9:23,16 (Bongani neem as 16 deel)
Sharon Smit – hamergooi d/15, 26,80m.
Bronsmedaljes
Anrie van der Merwe – 100m hekkies d/17, 14,80 (Anrie neem as d/16 deel)
Kenny Beverley – Spiesgooi s/19, 50,21m.
Atlete wat in die Mpumalanga-junior atletiekspan opgeneem is, is Raymond Smit, Anrie van der Merwe, André Visser, Sandile
Mlangeni, DJ Raulstone en Kenny Beverley.
Leerlinge wat aan die Mpumalanga-skole-atletiekspan in Pietersburg gaan deelneem, is DJ Raulston, Sandile Mlangeni, Raymond Smit, Anrie van der Merwe en Kenny Beverley.
‘n Hele paar huishoudelike rekords wat al sedert 1971 staan, is verbeter.
Anrie van der Merwe, 100m d/17 – verbeter Emdie Gerenger se 1999 (15 jaar oud) – van 12,90 tot 12,70; 19 jaar oue 100m hekkies d/17 van W Swart van 1995 van 16,0 na 14,80.
In die 100m-hekkies d/16 verbeter sy haar eie rekord van 15,76 na
14,80 en in die 400m-hekkies d/16 verbeter sy die 10 jaar oue rekord van 69,2 na 68,24 wat Rani de Klerk in 2004 opgestel het.
Sandile Mlangeni verbeter die 100m s/17 rekord van Justice Mkhonto wat in 2013 opgestel is van 10,75 na 10,63 (neem as s/16 deel); sy eie rekord in die 100m s/16 van 11,00 na 10,63, Paul Grobler se 43 jaar oue rekord van 1971 in die 200m s/17 van 22,10 na 22,00 asook die 20-jarige rekord van Jimmy Pohl in die 200m s/17 wat in 1994 opgestel is.
Corlia van der Merwe verbeter Inge Genis se spiesgooi d/15-rekord van
2013 van 26,74m na 32,64m (neem as d/14 deel), Thobile Mhlongo het Anrie van der Merwe se 2013, 100m d/15 verbeter van 12,86 na 12,84 en DJ Raulstone verbeter sy eie driesprong s/15-rekord van 12,15 na 12,77.
“Baie geluk aan die atlete vir ‘n besonderse seisoen. Geluk aan me. Hester Viljoen, hul afrigter, met die besonderse prestasies,” het skoolhoof Pieter Ferreira gesê.
