Gholfdag vir kleuterskool ‘n reusesukses
Ten spyte van Vrydag se wispelturige weer, het stokke behoorlik tydens Lydenburg Pre-Primêr se gholfdag geswaai.

Dié nuwe kleuterskool het in 2013 sy deure oopgemaak en het sedertdien aansienlik gegroei. Om aan die aanvraag te voldoen en om verbeteringe aan te bring, is ‘n fondsinsameling in die vorm van ‘n gholfdag gereël.
Volgens die hoof van die skool, Carol-Ann Mattheus, is kinders die toekoms en by hierdie skool is hulle missie om elkeen tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle eendag verantwoordelike landsburgers
kan wees. “Daarom is dit so belangrik om ‘n leeromgewing te skep waar hulle optimaal kan leer. Ons wil graag vir ons kinders net die beste gee, want dit is wat hulle verdien.”
Die fondsinsameling was ‘n reusesukses veral in die lig van die feit dat dit die eerste een is wat die skool aangebied het. Die algehele wenner was Niel Engelbrecht. Lydenburg Pre-Primêr wil graag al die borge wat die dag spesiaal gemaak het, bedank.
