‘n Rugbyfees om nie te mis nie
Die Danie Rossouw-rugbyweek, waarin topgehalte spel gesien gaan word, breek uiteindelik Sondag aan.

Die openingseremonie vind Sondag by Hoërskool Rob Ferreira plaas.
Van die land se top-rugbyskole is genooi en 32 spanne van 16 skole gaan dit bywoon. Dit is die tweede jaar wat die toernooi aangebied word en is seker een van die gróótste rugbybyeenkomste in die provinsie. “Verlede jaar was vir ons ‘n proeflopie en ons sien uit om dit vanjaar ‘n groot sukses te maak.
“Dit het baie tyd, moeite en beplanning geverg en wéét dat sonder die borge, die geleentheid nie sou gebeur het nie,” het die organiseerder van Rob, Albert Booyens gesê.
Die kaartjies beloop R20 per dag of R50 vir die week. Robbies nooi alle rugbyliefhebbers uit om die drie wedstryddae saam met hulle te kom geniet.
