Local sportSport

Gholfdag vir kleuterskool ‘n reusesukses

Ten spyte van wispelturige weer Vrydag het stokke behoorlik tydens Lydenburg Pre-Primêr se golfdag geswaai.

LYDENBURG – Ten spyte van wispelturige weer Vrydag het stokke behoorlik tydens Lydenburg Pre-Primêr se golfdag geswaai.

Dié nuwe kleuterskool het in 2013 sy deure oopgemaak en het sedertdien aansienlik gegroei. Om aan die aanvraag te voldoen en om verbeteringe aan te bring is ‘n fondsinsameling in die vorm van ‘n golfdag gereël.

Volgens die hoof van die skool, me. Carol-Ann Mattheus, is kinders die toekoms en by hierdie skool is hulle missie om elke kind tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle eendag verantwoordelike landsburgers kan wees. “Daarom is dit so belangrik om ‘n leeromgewing te skep waar hulle optimaal kan leer. Ons wil graag vir ons kinders net die beste gee, want dit is wat hulle verdien.”

Die fondsinsameling was ‘n reusesukses veral in die lig van die feit dat dit die eerste een is wat die skool aanbied. Die algehele wenner was Niel Engelbrecht. Lydenburg Pre-Primêr wil graag al die borge wat die dag spesiaal gemaak het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button