Local sportSport

Laevelders presteer puik by gesogte fietsry-wedren

Twee padfietsryers van die Laeveld, Tyneale Terry en Demarco Pillay het naam gemaak by die afgelope TRAC N4-fietsrytoer.

Die blondekop van Uplands College het vir die fietsryklub, Valencia se dogters/16 gery en algeheel derde
met ‘n tyd van 9:31,22 geëindig. Sy het reeds in die eerste skof wat Donderdag begin het, puik presteer. Die eerste dag het by Viva op die Schoemanskloof-pad afgeskop en na 84km by die TRAC-kantore klaargemaak. Hier het sy met ‘n tyd van 3:13,18 die roete voltooi.
Vrydag was die ryers se deursettingsvermoë tot die uiterste getoets. Tyneale het wéér derde met ‘n tyd van 2:10:06 in die 62,8km oor die eindstreep gejaag. Die 16-jarige se moeilikste uitdaging was die tydroete van 2,7km en een ronde in 30 minute. Sy het tweede gekom.
Sy het Sondag in die 79km, derde in 3:00,54 geeïndig. “Ek het in 2013 by Valencia aangesluit en oorspronlik met bergfiets begin, maar later na padfiets oorgeskuif. Ek het die wedren baie geniet en die organisering daarvan was goed. Ek gaan beslis volgende jaar weer deelneem.”
Demarco (14) van Lowveld High is nie ‘n onbekende naam in die fietsrygemeenskap nie, en het reeds verlede jaar op
die saal uitgeblink. Hy is as die seuns/16 se beste junior ryer aangewys en het in die derde skof tweede in ‘n tyd van 33:43 geeïndig. “Dit was die eerste keer wat ek aan die wedren deelgeneem het en dit was ‘n wonderlike ervaring. Die
verskillende skofte was heelwat moeiliker as wat ek verwag het, maar ek het die tweede skof die meeste geniet.”
Die Eritreër, Metkel Teweldeberhan (20) van MTN Feeders, het stof in die ryers se oë geskop en is vir elke prys moontlik in die o/23-kategorie benoem. “Die roetes waaraan ons gewoond is, is glad nie so steil soos dié nie. Ek het baie hard by die opdraandes gewerk en by die afdraandes gesnel,” het Metkel na die afloop van die toer gesê.
Valencia se o/16’s is ook as die span van die wedren aangewys. Dit was vanjaar die vierde keer wat TRAC dié gesogte wedren geborg het. Drie van die ryers op die toer is ook gekies om later vanjaar aan die Junior Olimpiese Spele te gaan deelneem. Hulle name word later die week bekend gemaak.
Foto’s en die volledige uitslae van die vier dae kan op www.lowvelder.co.za gekry word.

Algehele wenners
Elite vroue

1. An-Li Kachelhoffer – 11:17:27
2. Juanita Venter – 11:17:48
3. Heidi Dalton – 11:17:56
o/16 seuns
1. Enno Swanepoel (Europcar) – 7:48:36
2. Damean Oosthuizen (Cycleworld) – 7:48:48
3. Gregory de Vink (Valencia) – 7:49:05
o/16 dogters
1. Catherine Colyn – 8:34:38
2. Tyneale Terry – 9:31:22
3. Lynette Benson – 9:40:05.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button