Local sportSport

Plaaslike atleet neem in die Kaap deel

'n Leerder van Laerskool Barberton, Tuané Silver, het die afgelope atletiekseisoen vir die eerste keer as 'n senior atleet deelgeneem.

Tydens die Ehlanzeni-atletiekbyeenkoms gedurende Februarie, waarvoor die skool as gasheer opgetree het, het Tuané ‘n eerste plek in gewigstoot met ‘n afstand van 7,68m verower.
Tydens die byeenkoms was die Ehlanzeni-span gekies en op 15 Maart het sy as deel van die span in Lydenburg deelgeneem. Dit was volgens haar ma, Jeanette, sopnat, maar dit het die ses atlete van Barberton geensins ondergekry nie.

Tuané het die Mpumalanga-rekord van 7,75m verbeter en met ‘n nuwe afstand van 8,39m gespog. Hiermee het sy bewys dat sy haar plek in die Mpumalanga-atletiekspan tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe sou kon
volstaan wat van 20 tot 22 Maart in die Paarl, Wes-Kaap, plaasgevind het.
Op 18 Maart het sy saam met haar gesin Kaap toe gevlieg. “Die openingseremonie het Donderdag plaasgevind, en was so reg uit die Boland met hul egte Kaapse orkes wat die atlete om die baan gelei het. Elke atleet het gestraal van trots om deel te kon hê aan hierdie prestige geleentheid,” vertel Jeanette.

“Tydens hierdie naweek is alles ingesit. Vriende en vriendinne vir die toekoms is gemaak en ouers en grootouers het lekker saam gekuier. Dit was vir Tuané en vir ons ‘n onvergeetlike paar dae en ons wil mnr. Naudé en die personeel van Laerskool Barberton bedank vir al hulle tyd en insette in elke atleet die afgelope seisoen. Dis sowaar vir ons ‘n groot voorreg om deel van hierdie wenspan te wees!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button