Local sportSport

Spif Sport is vol planne vir 2014

Alhoewel die Nelspruit-klub nie verlede Donderdag tydens die Spif Sport Gholfdag volbespreek was nie, sê klubverteenwoordiger, Herman Kruger dat hy baie tevrede met die afloop daarvan was.

Spif Sport Lowveld, ‘n rugbyspan wat uit verskeie skoolspelers bestaan, is die dryfkrag hieragter.

Hulle is uitgenooi om aan vanjaar se Afrasia Bank Internasionale Sewestoernooi in Mauritius van 7 tot 14 Oktober deel te neem.

Met die groot sukses van verlede jaar waar hierdie span vierde uit 12 spanne geëindig het, het Kruger besluit om dit
vanjaar weer te doen. Daar is reeds nege spelers in dié span, maar hy beplan om 14 saam op die toer te neem.

Dit is baie duur, en weens finansiële beperking word daar geld ingesamel om hierdie geleentheid vir die jong spelers
moontlik te maak.

Nog drie gholfdae word dus vir die volgende drie maande beplan.

Die datums hiervan sal op www.spifsport.co.za aangekondig word.

Daar word op 10 Mei ook ‘n Noot vir Noot-pretdag ten bate van die rugbyspelers by Lowveld High se skoolsaal gehou. Vir meer inligting en borge, skakel Kruger by 072-584-8554.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button