Local sportSport

Plaaslike rugbyklub is positief oor die wedstryde wat voorlê

In die eerste rugbyliga-tuiswedstryd van die seisoen het Hazyview teen Belfast met 19/17 verloor.

Die manne het die spel met ‘n positiewe houding benader en behoorlik hul harte uitgespeel, maar Belfast het hulle op hul tone gehou. Die toeskouers het Hazyview goed ondersteun en was hoopvol dat hulle sou wen.

Pieter Burger en De Wet van Eden is as die manne van die wedstryd aangewys.

Hazyview se rugbyklub vra slegs R15 per toeskouer, waarvan R5 aan KANSA aan die einde van die seisoen oorhandig sal word.
“Hierdie jaar gaan die span naam maak,” sê afrigter, Corrie Taljard.
“Ons het sterk spelers vanjaar en hulle is positief oor al die wedstryde wat voorlê. “Ons speel teen Ohrigstad en op 12 April teen Riverside. Altwee wedstryde is op tuisgrond en ons nooi die gemeenskap uit om ons te kom ondersteun.”
Die span wil ook net die volgende borge bedank vir hul uitrusting: Tracar Hazyview en Chris Car and Truck.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button