Local sportSport

Impalas staan sterk teen Nelspruit-span

Die afgelope Saterdag het die Impalas die Nelspruit-span met 14-5 in Komatipoort geklop.

Die wedstryd was hard en hulle verdediging het teen die besoekers sterk gestaan.
Hulle het ‘n moeilike taak gehad en nie baie kanse gekry om punte aan te teken nie.
Die spelers van die wedstryd was Manie Vermaak (voorspeler) en Christo Geldenhuys (agterspeler).
Tiaan Nel het sy skopskoen aangehad met net een strafskop wat nie die pale kon vind nie en hy het ook ‘n drie aangeteken.
Toeskouers het die pawiljoen volgesit en beide spanne is goed ondersteun.
“Dit was ‘n lekker dag vir harde klub-rugby en ons sien uit na die seisoen wat voorlê,” het Gert van Zyl, ‘n toeskouer en nuwe inwoner van Komatipoort, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button