Nuwe kampioene vir Presidentsbeker
Kambaku Gholfklub se jaarlikse Presidentsbeker het op Saterdag 5 Maart plaasgevind en die kampioene vir 2014 is Kevin Nott en sy spanmaat, Elias Caldeira.

Gerhard Basson, president van die klub, het die spesiale geleentheid aangebied en borg ook elke jaar uitstaande vleispryse.
Twee-en-vyftig spelers het deelgeneem en die tema van die dag was “Rooibok”.
Spelers wat met die vleispryse weggestap het, is:
• Eerste: Kevin Nott en Elias Caldeira met 60 nett-punte
• Tweede: Mel Stronkhorst en Hansie Stronkhorst met 62
• Derde: Piet van Dyk (prok.) en Piet Maritz met 63
• Vierde: Rose Powell en Roenel Basson met 64
• Vyfde: Piet van Dyk (Wit Piet) en Chris Basson jnr. met 64
• Sesde: Xander Botha en Rohan Greyvenstein met 65
• Langste dryfhou: Ruan Steyn
• Naaste houe aan die penne: Piet van Dyk (prok.), Mossie Mostert, Fanie Meyer en Werner Mostert.
Die birdie king van die jaar was Jaco Botha en birdie queen was Roenel Basson. ‘n Spesiale motiveringsprys is ook
toegeken aan Cornelis van Dyk wat die jongste speler van die dag was.
