Local sportSport

Rugbyklub ondergaan vele veranderinge

Malelane Rugbyklub het verlede naweek hulle nuwe truie vir die jaar van Johan Harmse van Impala Elektries ontvang en sien daarna uit om op die veld uit te draf.

Die klub het hulle seisoen die afgelope naweek weg teen Witrivier afgeskop maar die eerstes en tweedes het verloor. Die gemoedere is egter steeds vol na afrigter Riaan Pienaar se vertrek maar die spelers is vasberade om hul goeie spelpeil van verlede seisoen te handhaaf. Stefan Smit, sowel as ander oudspelers, het intussen ingespring om met afrigting te help. Maatskappye soos BUCO en Onderberg Besproeiing het ‘n helpende hand uitgesteek. Hier is Stefan Smit (afrigter), Johan Harmse, Eugene du Toit van PG Glass en klubbestuurder Shayne Adcock met hulle nuwe truie.

Less meer oor dié klub

Malelane Rugbyklub word vereer

Rugbyklubs sorg vir goeie rugby op Malelane

Plaaslike rugbyklub sê vaarwel aan hul toegewyde afrigter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button