Local sportSport

Stoeiklub die gasheer vir jaarlikse gholfdag

Die gewone stoeikleure, blou en rooi is Vrydag vir die groen van die Nelspruit-buitebaan verruil.

Die plaaslike klub het as gasheer vir die Mpumalanga Stoeivereniging se gholfdag opgetree.

Dit was die eerste jaar dat die Nelspruit Stoeiklub die dag aangebied het aangesien hulle nog net ‘n jaar oud is.

Die stoeiers is druk besig om vir die opkomende Oos-Gauteng Ope-kampioenskappe voor te berei, en begin daarna met ‘n tweede oefenkamp ter voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat binnekort in Kaapstad
plaasvind.

Die Steval Pumas se Renaldo Bothma, wat deesdae gereeld by buite-aktiwiteite betrokke is, het ook in die gholfdag deelgeneem.

Die fondse wat ingesamel is, word aan die ontwikkeling van jong opkomende stoeiers in die provinsie gegee.

Die eerste oefenkamp skop hierdie Vrydag af.

Die kampioenskappe vind op 3 Mei plaas en ‘n hele paar plaaslike stoeiers het reeds hul plek op die vliegtuig bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button