Local sportSport

Breytenbach sê die stryd op skaakmat aan

Die senior skaakspeler, Jan Breytenbach, het die afgelope ABC-Ope-skaaktoernooi se A-kategorie gewen.

Altesaam 139 spelers het Saterdag aan dié gesogte toernooi by die Nelspruit Ehlanzeni FET Kollege deelgeneem.

Jan se vyf punte het hom in die eerste plek geplaas met Rojan Jameson (4,5) en Fort Mthokozisi Gamede (4) in onderskeidelik die tweede en derde plek. Rojan is net 16 jaar oud en is ‘n leerder by Curro waar hy reeds saam teen die seniors kompeteer.
Ashine Wallace van Hoërskool Sybrand van Niekerk is as die beste o/16-speler aangewys terwyl Johannes Henning van Hoërskool Nelspruit die beste o/18-speler was. André de Kock (o/14) van Laerskool Sabie is as die beste speler in sy ouderdomsgroep gekroon.

Laerskool Nelspruit se Jermain Chetty is as die o/12-afdeling se beste speler aangewys.
In die B-kategorie was dit Marnevic Muller van Laerskool Laeveld wat sy twee teenstanders stof in die oë geskop het. Banele Mhango van Mbokodo het ‘n silwermedalje ontvang en Rynhardt van der Linde het in die derde plek met ‘n telling van vier geëindig.

Die 12-jarige van Msogwabe, Lindokuhle Bhila, het die C-kategorie net-net gewen. Kort op haar hakke was Hainroux
Erasmus van Laerskool Laeveld. Vir die volledige uitslae besoek ons webblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button