Skuts presteer by afgelope kampioenskappe
Die Suid-Afrikaanse Jukskei-kampioenskappe het aan die begin van April in Kroonstad plaasgevind en drie Laevelders het deelgeneem.

Die plaaslike spelers, Kobus de Jager, Miranda de Jager en Johan Pretorius, spog met ‘n bronsmedalje.
Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal vorm deel van die noord-oos streek. De Jager en Pretorius het in die mans o/30 deelgeneem en Miranda was deel van die gemengde span. Sy is ook as een van die top vyf-spelers in haar
groep aangewys. ‘n Bepaalde telling van 23 word gewoonlik gehaal – drie punte word toegeken as die pen omgegooi word en een vir die wat naaste aan die pen lê.
Hoe word jukskei gespeel?
Die voorgooier van span-A sal albei haar skeie gooi gevolg deur die voorgooier van span-B, dan die tweede gooier van
span-A en weer die tweede gooier van span-B.
Beweging van die skei
• Horisontaal (dwars)
Die skei draai horisontaal deur die lug en tref die pen met ‘n groter oppervlakte.
• Vertikaal (reguit)
Die skei draai vertikaal deur die lug om die pen te tref.
Wat het jy nodig?
• ‘n Pen in die sandput
• ‘n Passer om te meet
• Twee skeie per speler
Enigiemand kan aan die sport deelneem. Die seisoen strek van Augustus tot April. Oor vier maande skop die klubligas weer af en enige belangstellende spelers kan vir Elma by 082-455-0476 skakel.
