Local sportSport

Ben Vorster maak skoonskip

Die sportspanne van Ben Vorster, beter bekend as die Rooi Masjien, het die afgelope naweek skoonskip gemaak van Hoërskool Lydenburg tydens 'n vriendskaplike wintersportbyeenkoms.

Al die spanne van Lydenburg het verloor en slegs die tweede dogtershokkiespan kon gelykop speel, met een doel elk.

Alhoewel Lydenburg net duskant die 1 200-merk lê ten opsigte van leerlingtalle en Ben Vorster maar 965 leerlinge sterk is, meen Otto Schulze, sportkoördineerder van die hoërskool, dat die slagting deels toegeskryf kan word aan die tydperk waaraan spelers blootgestel is aan die ligas waarin hulle speel.
“Lydenburg het aanvaklik klei getrap toe hulle twee jaar gelede in die reeks begin speel het, maar handhaaf vandag ‘n goeie standaard,”, sê Schulze. Volgens die sportkoördineers van Ben Voster, André Huys, neem hulle al van 2007 af aan die grootskole-liga deel. Vroeër die jaar het al hulle rugbyspanne in die finale
van die PUK-reeks meegeding.
“Al die spanne het vir eerste of tweede plek gespeel, behalwe die o/16B’s wat vir derde plek uitgespeel het”, vertel Huys.
Ben Vorster is onder andere in 2013 ook as Beeld-trofeewenners gekroon en het dieselfde jaar ook die Puk-reeks gewen. In 2011 was hulle o/14-, o/15-, o/16- sowel as eerstespan Beeld-rugbywenners.
“Ons speel een of twee maal per jaar teen ‘n uitsonderlike skool soos Ben Vorster om ons krag en vordering te toets, en poog hierdeur om spelers bloot te stel aan die vinnige tempo wat deur die groot- en makroskole gespeel word,”,verduidelik Johan Loots, hoof van Lydenburg.
“In die proses moet ons ook leer om soos waardige verloorders op te tree.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button