Local sportSport

Die Rietrot gesels sport

Die Rietrot het hom nog nooit aan oneerlikheid skuldig gemaak nie.

Hy glo onwrikbaar in eerbaarheid en geregtigheid. En dís waarom sy horriesmeter hierdie naweek in die rooi ingeskiet het.

Die Rietrot het darem sy tassies gepak om die naweek by familie en vriende te gaan wegkruip, waar hy nie gepla en ontstel kan word nie. Die jaarlikse derby tussen twee plaaslike skole het verlede Vrydag en Saterdag plaasgevind.

Die Rietrot het ‘n ogie daar gaan gooi en was werklik ontsteld. Hy is gewoond aan netheid en trots en wens eintlik almal was soos hy in hiérdie opsig. Maak toe jou ogies en dink aan die volgende prentjie – ‘n baadjie met ‘n kraaghemp (wat ordentelik ingesteek is) en ‘n das mooi gevou, skoene wat blink van die polish en haartjies netjies gekam.

Dit is die ideale skoolleerder waaraan die Rietrot gewoond is.

Maar ó wee, party van daardie kinders het darem maar nou vir jou sleg gelyk.

Slierte in die oë, kouse wat gate in het en make-up wat jy met ‘n liniaal kan afskraap.

En nie een van hulle het die Rietrot gegroet nie!

Nie net die twee skole is skuldig aan onnetheid nie. Dit kan my grensloos irriteer as hulle plakkies saam met hulle sportdrag dra. Hulle weet goed dat dit nie toegelaat word nie. Het jy dan geen skaamte nie? Sies vir jou!

Lowveld High het óók die naweek sport aangebied en die Rietrot het gehoor dat dit nou vir jou ‘n grênd skool is. Elke leerder het die joernalissie langs die veld gegroet.

Die Rietrot het óók goeie nuus vir die grootbaas by die Pumas wat so bekommerd oor onse avokado-republiek se Shangaans is, wat glo nie kan rugby speel nie. Vriend Hein Mentz doen moeite om na Lowveld High se eerste span te gaan kyk. As die minster van sport wel besluit om die sportkwota na 60 persent te verhoog, weet dat daar ‘n plan-B sommer hier in Nelspruit is – jy hoef nie eens ver te gaan soek nie.

Iets wat die Rietrot gedurende sy tyd in die Laeveld opgemerk het, is die swak dissipline van die atlete op en van die veld af – dit is net skrumpette wat vlieg, netbalballe wat weggegooi word en gholfstokke wat trek. Dit is darem pateties.

En jy langs die veld is net so skuldig. Waar kom jy daaraan om jou teënstander op die veld sleg te sê? Die Rietrot verstaan dit glad nie – waarom is daar toeskouers wat vir die liefde en vir die ondersteuning van die sport net kan stil sit en kyk en ander wat voel hulle moet iets sleg sê?
Geniet elke en iedere van onse avokado-republiek se langnaweek.

Vrede!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button