Local sportSport

Rooikatte kry ‘n rugbyles

Die Rooikatte was lugtig vir die Nelspruit Koedoes se horings.

Die derde been van die Mpumalanga Rugby-klubligas het die naweek plaasgevind en Nelspruit het Lydenburg 86-17 stert tussen die bene huis toe gestuur.
Dit was die grootste punte-verskil tot nog toe teen die Katte. Dit was aanskoulike hardlooprugby en die bal in die hand het die speelwerk gedoen.

Daar is ook goeie hardlooprugby gespeel. Nelspruiters se voorspelers het goeie eerste-fase balbesit gewen en die agterlyn het die variasie in hul spel in punte omskep deur goeie ondersteunende spel.
Marco Koekemoer en Nico Potgieter van die rooi-en-bloues is as spelers van die wedstryd aangewys.
Puntemakers:
• Tiaan Greef (vier)
• Nico Potgieter (drie)
• JJ Breet – (vier)
• Jaco du Preez -(een)
• Marco Kruger – (een)
• Greef verdoel agt.
Die tweede span van Nelspruit het vir groot opwinding gesorg deur met 73-0 te seëvier.

Puntemakers:
• Rudi Goosen – (een)
• Samuel Govere – (een)
• Andrew Pieterse – (een)
• Mduduzi Mabunda – (vier)
• Marko Kruger – (twee)
• Gerhard Heunis – (drie)
• John-Henri Powell – (een)
• Rudi Goosen skop drie oor en Samuel Govere een.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button