Local sportSport

Langasem ryg die medaljes in

Sipho Mnisi is vir min mense ‘n onbekende gesig. Mnisi hardloop al vir baie jare en ryg die een na die ander marathonmedaljes in.

LYDENBURG – Sipho Mnisi is vir min mense ‘n onbekende gesig. Mnisi hardloop al vir baie jare en ryg die een na die ander marathonmedaljes in.

Hy het onlangs aan die Gert Sibande Marathon deelgeneem en die 42,2km in ‘n tyd van 3:31 voltooi. “Dit was ‘n baie lekker resies, maar ek was ongelukkig verkouerig en kon beter gehardloop het,” sê hy.

Mnisi het in 2011 die Mashishing Marathonklub gestig wat tans ongeveer 60 hardlopers sterk is en beoog nou om vir die Comrades in te skryf en ook ‘n paar klublede saam te neem. “Ek wil so graag blootstelling aan dié atlete gee, maar finansies is ‘n groot probleem.

Dit sal vir baie van hulle ‘n droom wees wat verwesenlik sal word as hulle daar kan gaan hardloop,” sê Mnisi. Indien enigiemand belangstel om die atlete te ondersteun, skakel Mnisi by 073-121-8890.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button