Skuts presteer in kompetisie
Die skuts van die Laeveld het 'n handjievol pryse in Ermelo by die afgelope Mpumalanga Skole Skutter-unie losgeskiet.

Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Rob Ferreira het onlangs aan drie kategorieë, sporter, pistool en veer,
deelgeneem.
Robbies het altesaam 17 skuts ingeskryf. In die sporter o/21 het Saxon Synnot Marzetti ‘n negende plek met ‘n groottotaal van 1 351 behaal terwyl Tristan Schoeman ‘n 1 318 opgestel het.
In die sporter o/14’s het Daniel Deysel ‘n derde plek (1 144) verower en Casper Odendaal was kort op sy hakke in die vierde posisie (1 130).
Vlammies se skuts was aan die brand met drie medaljes – een silwer, ‘n goud en ‘n brons. Billy Deacon het in die veer o/16’s ‘n derde plek van 1 086 punte behaal en in die o/14’s was dit Stephanie van der Merwe met ‘n eerste plek met 989 punte. Neo Masebelange het ‘n tweede plek op die podium vir o/21-pistool met 540 verower.
Altesaam 149 skuts het aan die kompetisie deelgeneem.
Ander uitslae
Robbies
Abré van Wyk – 1 281
Mari-Lois Nel – 1 281
Laurie Theron – 1 209
Franzel Theron – 1 320
Stephan Holtzhausen – 1 257
Michael Deyzel – 1 207
Leigh Douglas – 1 171
Angela Carbone – 1 167
Nicolan Appasamy – 1 077
Chizelle Benson – 995
Alexander King – 950
Henk Roux – 912
Ruben Holtzhausen – 866
Bergvlam
Timothy Smeda – 1 287
Linda Roets – 1 276
Fifi Galane – 1 181
Mathew Riddle – 1 179
Nathan Nieman – 877
Dieter Niewenhuis -1 300
Leone Pretorius -1 289
Janika Viljoen – 1 197
Franco Schutte – 1 194
Zané Weideman -1 117
Dylan Diedrick – 1 010
CP de Waal – 924
Monique da Costa – 884
Liam Gomersall – 730
Jesse Kinnear – 717
Sebastian Thorpe – 701
Angela Nkosi – 1 085
Sean Cushway – 529
Tshepang Raditsela – 361
Keke Makubela – 574
Auliyah Ismail – 441.
