Oud en jonk neem aan jaarlikse skietdag
Die lede van die Sabie Jagtersvereniging het Saterdag 12 April die jaarlikse intertakskietdag op die Ceylon-skietbaan aangebied.

Die voorsitter van dié tak, Piet Coetzer vertel dat hulle een keer elke agt jaar as gasheer optree.
“Skuts vanaf Sabie, Nelspruit, Gauteng, Ermelo en Lebombo het kom deelneem.
Sowat 88 deelnemers, wat wissel vanaf agt tot 70 jaar, het mekaar die stryd aangesê.”
Spanne van vier het geskiet. Daar is ook individueel met handwapens geskiet.
“Ons het die dag .22s, handwapens, jaggewere en ook grootkaliber-gewere gebruik,” sê Coetzer.
By die prysuitdeling by Tommy’s Bar by die Floreat Hotel, is daar trofee toegeken aan die beste veteraan, mans dames en junior skuts. Ook aan die beste mans en vroue spanne.
Wenners vir die dag was soos volg:
1) Senior Mans -Hannes Van Aswegen
2) Veterane – A Richter
3) Junior – Albe de Nysschen
4) Beste dame skut- Leslie Dohne
5) Beste mans span – GP span, bestaande uit Paul Botha, Alrich Bestbier, Eben Dry en Chris Fourie
6) Beste vrou span – Sabie Platorand tak, bestaande uit Mariette Coetser, Nikita van Heerden, Leslie Dohne en Tammy Horn
