Local sportSport

Akademie skitter in eerste ligawedstryde

Komatipoort Akademie het as oorwinnaars in die wintersportseisoen weggespring deur hul ligawedstryde teen Morgenzon op 12 April te wen.

Die o/15’s se eerste rugbyspan het ‘n oorwinning van 62-0 behaal.

Hulle het deurentyd die wedstryd oorheers en teen rustyd was die telling 38-0 met Aubrey van der Bank, Sethu Mathebula, Tian du Pont en Pedro Christovam wat agter die pale gaan kuier het. Christovam se skopskoen het ook tot ‘n stewige puntetelling bygedra.

In die tweede helfte is 24 punte deur die tuisspan aangeteken en Jean-Pierre Vermaak en Aubrey van der Bank het elk ‘n drie aangeteken, terwyl Tiaan du Pont nog twee vyftalle behaal het. Pedro Christovam het nog twee drieë verdoel.
Tiaan du Pont en Jean-Pierre Vermaak het ook die uitsonderlike prestasie behaal om na die semifinale van die Mpumalanga-rugbyproewe deur te dring.

Die tweede span het egter met 12-5 verloor.

Op die hokkieveld het die eerstespan gewys wie baas is en met ‘n goeie telling van 4-0 getriomfeer.

Die eerste netbalspan het dieselfde gedoen en met 25-4 ‘n uitstekende wen aangeteken.

Op 16 April het die eerste seunshokkiespan 1-0 teen Uplands gewen en die o/13-rugbyspan het ook teen Kaapmuiden ‘n wen in die sak gesteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button