Local sportSport

Krieketspanne tans in Sandton vir wentrofee

Dit is net groen en goud waar jy kyk!

Die Laeveld- en Suid-Afrikaanse binnenshuise sportspanne is Vrydagaand by die Action Sport Arena aangekondig wat

Sondag na die Interprovinsiale-toernooi in Sandton vertrek het. Daar is vyf spanne wat hul provinsie se naam hoog gaan hou.

Dié sport het aan die begin van 2006 in die Laeveld gewild geraak toe ‘n legendariese krieketspeler van Durban, Eric Grimaldi, Nelspruit sy nuwe tuiste gemaak het. Daardie jaar het die bestuur twee spanne Springs toe gevat en in 2009 ‘n goue medalje gewen. In 2012 het hulle twee silwer medaljes verower, in 2013 een silwer en is vreeslik opgewonde om te sien wat die week gaan oplewer.

“Vanjaar is die negende keer wat ons na die toernooi toer en hierdie jaar het ons ses spelers wat vir die Suid-Afrikaanse span gekies is,” het Grimaldi gesê.

Die toernooi duur tot Saterdag. Die spelers wat met die Protea op hulle bors spog is, Dean van Zyl, Duncan Hare, Ryan Kennett, Ozayr Karodia, Bevan Carlse en Ruben de Lange.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button